SN Opsomming

  1. Definieer Weerkaatsing
    As lig op 'n voorwerp skyn, verander 'n deel van lig van rigting en skiet weg van voorwerp
  2. wat is die invalstraal
    die ligstraal wat op 'n spieel inskyn
  3. definieer weerkaatste straal
    die straal wat deur 'n spieel weerkaats word.
  4. Wat gebeur as die ligstraal loodreg op die spieel skyn
    dit word reguit terug weerkaats en val presies op die inval-straal
  5. Wat gebeur as die ligstraal skuins op die spieel inval
    dit word skuins weerkaats op so 'n manier dat die invalshoek gelyk is aan die weerkaatsingshoek
  6. Wat is die eienskappe van 'n spieelbeeld
    • Die beeld vorm net so ver agter die spieel as wat die voorwerp voor die spieel is
    • net so groot soos die voorwerp
    • regop
    • sydelings omgekeerd
  7. hoe beweeg lig
    in reguit lyne
  8. Wanneer het 'n voorwerp potensiele energie?
    As dit in 'n posisie is om arbeid te verrig
  9. Watse energie bevat brandstowwe en kos
    chemiese potensiele energie
  10. hoe kan ons die aard van 'n krag opsom
    Dit is 'n stoot of 'n trek wat die beweging van 'n voorwerp verander deur dit te versnel, vertraag of die rigting van die voorwerp se beweging te verander, of wat die voorwerp se vorm verander
  11. As ons 'n krag op 'n voorwerp toepas, doen ons wat eintlik
    ons gee dit energie
  12. As ons 'n voorwerp stoot of trek gee ons dit
    kinetiese energie
  13. As ons 'n voorwerp stoot of trek om dit op te lig, gee ons dit
    potensiele energie
  14. As ons 2 voorwerpe teen mekaar vryf, gee ons dit
    hitte-energie
  15. as kragte nie gebalanseerd is nie is daar
    netto krag
  16. As die kragte gebalanseerd is
    is daar geen netto krag nie
  17. Definieer Netto krag
    Die algehele krag as 2 teenoorgestelde kragte nie balanseer nie
  18. definieer kinetiese energie
    die energie wat 'n voorwerp kry as dit gestoot of getrek word om te beweeg
  19. definieer potensiele energie
    wat 'n voorwerp gegee word as dit gestoot of getrek word om dit op te lig.
  20. definieer hitte-energie
    wat jy kry as jy die temperatuur van 'n voorwerp verhoog
Author
rayno@live.co.za
ID
20420
Card Set
SN Opsomming
Description
SN Toets Opsomming, Lig en Energie
Updated