Sosiale Wetenskap

  1. SA se eerste demokratiese verkiesing
    27 April 1994
  2. Presedent wat in 1990 aangekondig het - verandering
    Pres. F.W. de Klerk
  3. 3 Veranderinge van demokrasie?
    • politieke partye sou ontban word
    • Politieke gevangenes sou vrygelaat word
    • Onderhandelinge oor nuwe en demokratiewe toekoms sou begin
  4. Wanneer is Vryheidsdag?
    27 april
  5. Aantal partye wat aan 1994 verkiesing deelgeneem het
    20
  6. Ons land se eerste demokratiese president
    Pres. Nelson Mandela
  7. Definisie van 'n Grondwet?
    'n wetlike dokument - uiteenset wat mense, president en regering mag en nie mag doen nie
  8. Hoe het gewone SAners gevoel
    • Hulle het 'n nuwe toekoms begin bou - inplaas van teen nuwe regering veg
    • Daar was baie probleme, mense moes hulself en hul verlede aanvaar
  9. definieer petisie
    die insameling van handtekeninge om 'n saak te ondersteun
  10. kommunisme
    'n politieke stelsel wat die belange van die werkersklas ondersteun en teen kapitalisme is
  11. verban
    om 'n persoon, 'n organisasie of nuusblad onwettig te verklaar
  12. grondwet
    die groep wette of beginsels wat bepaal hoe 'n land georganiseer en regeer moet word
  13. verdrukking
    oorheersing en wreedheid, gewoonlik ivm staatsbeheer
  14. Wat was die eerste veldtog in die 1950s
    die Versetveldtog
  15. wat was die plan met die versetveldtog
    om apartheidswette doelbewus te oortree
  16. wat het mense gedoen tydens die Versetveldtog
    • hulle het geweier om hul passe te dra
    • het op banke vir "slegs blankes" gesit
    • ingange vir "slegs blankes" gebruik
  17. Hoe lank het die Versetveldtog geduur
    3 maande
  18. deur wie is dit georganiseer en ondersteun
    • Swart
    • Indier
    • Kleurling
    • en blanke weerstandsbewegings - wat 'n bewustheid van nie-rassige politiek wou bevorder
  19. wat het die Versetveldtog gedoen (resultaat)
    het politieke bewustheid binne en buite SA verhoog
  20. Wat het die regering na die versetveldtog gedoen
    nuwe wette uitgevaardig - het mag gegee om noodtoestand te verklaar
  21. definieer noodtoestand
    wanneer die regering homself ekstra mag gee om teenstand te onderdruk
  22. nie-rassig
    wat alle mense insluit - ongeag hul ras
  23. hoogverraad
    sameswering teen die regering
  24. hoeveel weerstandsbeweging leiers het die gearresteer toe die Vryheidsmanifes geskryf is
    156
  25. waarvan het die regering hierdie leiers van aangekla
    hoogverraad
  26. hoe lank het die hofsaak geduur (tydens die skryf van die Vryheidsmanifes)
    5 jaar
  27. wat het die regering tydens hierdie hofsaak (vryheidsmanifes) probeer bewys
    • leiers van die weerstandsbewegings deel - kommunistiese komplot - regering omver te gooi
    • die Vryheidsmanifes 'n kommunistiese dokument was
  28. wat is die Grondwet (volle beskrywing)
    • Dit is 'n wetlike dokument wat uiteensit wat die mense - regering - president mag en nie mag doen nie.
    • Daarvolgens moet alle wette deur verkose verteenwoordigers gemaak word en moet die waardes van demokrasie, naamlik gelykheid, agting vir menseregte en vryheid weerspieel
    • Geen regering of persoon mag hierdie grondwetlike regte wegneem nie
    • Hierdie regte verskyn in 'n spesiale deel van ons grondwet - die handves van Regte
  29. nasieskap
    die idee om tot een land te behoort
  30. geriewe
    nuttige of aangename fasiliteite of dienste
  31. aanhou
    in die politieke sin, om iemand iin die tronk aan te hou
  32. uittarting
    om te weier om iets te doen wat vir jou gese word om te doen
  33. verdrukkend
    wreed en moeilik om mee saam te leef
  34. knegstake
    werk wat weinig of vaardigheid vereis nie, gewoonlik handearbeid
  35. disintegreer
    om op te breek en uitmekaar te val
  36. herroep
    om 'n wet weg te neem
  37. Groot Depressie
    die wereldwye depressie wat plaasgevind het na die ineenstorting van die Amerikaanse Effektebeurs in 1929
  38. Ultimatum
    'n finale waarskuwing; as dit geignoreer word, sal ernstige gevolge volg
  39. Diskriminasie
    om mense of groepe mense te behandel asof hulle minderwaardig is
  40. manifes
    beskrywing van 'n organisasie se funksies, of 'n kontrak
  41. Kongres
    'n formele vergadering of groep mense
  42. Verraad
    'n misdaad teen die staat
  43. Noem die vier onbillike Wette
    • Paswette
    • Wet op Bantoe-onderwys
    • Wet op Bevolkingsregistrasie
    • Groepsgebiedewet
  44. Wat was die doel van Sosiale Apartheid
    om die suiwerheid van die wit ras te verseker
  45. 2 van die eenste wette van sosiale apartheid goedgekeur:
    • Wet op Onsterflikheid
    • Wet of Gemengde Huwelike
  46. wat het hierdie 2 wette verban
    enige vorm van seksuele kontak - aook huwelik tussen wit en enige ander rassegroep
  47. Wat sou die Wet of Bevolkingsregistrasie verseker
    sou verseker dat die Wet op Onsterflikheid en die Wet op Gemengde Huwelike doeltreffend uitgevoer is
  48. Wanneer is die wet op Bevolkingsregestrasie goedgekeur?
    1950
  49. Wat het die Wet op Bevolkingsregistrasie vereis
    dat elke SAner in 'n rassegroep geklassifiseer word
  50. Wat was die dompas
    dit was 'n pas of ID wat al die inligting oor 'n persoon bevat - insluitend sy rekord van indiensneming
  51. Hoekom is die dompas in gebruik gestel
    Omdat baie swart mense nog in wit gebiede gewoon het en baie wit mense nog swart mense se arbeid benodig het.
  52. Wat sou gebeur met 'n swart persoon sonder 'n dompas
    hy sou nie in 'n wit gebied toegelaat word nie.
  53. Waarom het hierdie pas die mees gehate van al die apartheidsimbole geword>
    omdat dit swart mense ontmens het en hulle aan die genade van wit mense oorgelaat het
  54. Wat het die wet op Hervestigings gedoen
    gedwonge uitsettings wettig gemaak
  55. Hoe was die gebiede waarheen die swart mense verskuif is
    • swakker standaard as die waar vandaan hulle verskuif is. Daar was geen water- of elektrisiteitstoevoer nie.
    • Hulle was dikwels ver van skole
  56. Hoe is onderwys geraak deur apartheid
    • Apartheid is rigied afgedwing in die onderwys
    • Skole is volgens rasse geskei
    • Die onderwys vir nie-blankes was minderwaardig tenoor die van wit mense
  57. Wat het die regering geglo ivm swart onderwys
    Dat dit nie nodig was om swart mense bo die vlak van handearbeid op te lei nie
  58. As wat het onderwys vir swartes bekend geword?
    Bantoe-onderwys
  59. Wat was een van die voordele vir van apartheid wit mense in magsposisies
    die voorsiening van goedkoop arbeid
  60. Wat het tydens die Groot Depressie gebeur
    Wit mense is van hul grond af gedwing toe hulle nie verbande kon betaal nie
  61. Wanneer is Ekonomiese wette wat beskermde arbeid vir wit mense verseker goedgekeur
    1911
  62. Wat was die Wet op Myne en Werke
    Dit het werk in 'n myn in 2 katogoriee verdeel - geskoolde en ongeskoolde arbeid
  63. Vir wie is die Geskoolde werk in Myne gereserveer
    Wit mense - ongeag hul opvoeding of vermoe om die werk te doen
  64. Waarom is die Wet op Myne en Werke tydens die oorlog verslap
    omdat swart arbeid nodig was om die wit mense te vervang wat oorlog toe gegaan het.
  65. Wat het toe gebeur toe die wit mense van die oorlog af terug gekom het
    Daar was konflik omdat swart mense nie bereid was om na hulle ongeskoolde werk terug te keer nie.
  66. Watse arbeid was die ruggraat van die SAnse ekonomie
    Goedkoop swart arbeid
  67. Swart mense het te ver van die myne af gewoon waar hulle gewerk het - wat moes hulle dus doen
    Hulle moes dus hul huise verlaat en in mynkampe op die myne gaan bly
  68. Wat was die gevolg van die verhuising van swart mans na die industriele gebiede
    dit het 'n destruktiewe invloed op tradisionele lewenswyses gehad.
Author
rayno@live.co.za
ID
18772
Card Set
Sosiale Wetenskap
Description
SW Opsomming - 11 Mei 2010
Updated